Daar is vir my niks lekkerder as wanneer Austin vir my vra, “Ouma, can I tell you something?”
My antwoord is altyd, “Of course you can!” en my hart kry so ‘n warm vlam oor dit - ek het lank gewag om hier te kom met hulle.
Hulle tweekies het deesdae ‘n besige lewe. Maandae en Woensdae kyk ek nie meer na hulle na skool nie - daar is gimnastiek vir Violet e…


