My kind bring vroeg gisteraand vir my my ‘persenkies’ - ek was so surprised, want ek het toe alreeds vroeër die middag ‘n paar mooi tops en twee fridge magnets by skoonkind gekry.
Al wat ek hom gevra het om vir my te soek, was ‘n pansy skulpie, of ‘n pansie fridge magnet. Ek was baie bly oor die twee magnete oor Hawaii, en het aangeneem daar was nie ‘n skulpie nie.
In sy hande hou hy ‘n boek, iets wat in papier toegedraai is, en swart krale.
Die boek vang dadelik my oog, want ek is ‘n sucker vir ‘n boek - ‘n nuwe boek, met hoeveel skoon blaaie wat net wag vir my pers pen - wat bring groter vreugde as dit?
Op die boekie staan geskryf, Aloha. Ek sluk aan ‘n knop in my keel, want net die gedagte dat hy aan my gedink het toe hy dit gekoop het, maak my hart vol.
Om ‘n ‘Aloha’ leefwyse te handhaaf, beteken dat jy elke nuwe dag sal kies om vriendelik te wees. Om liefde en respek vir jou medemens uit te straal, maak nie saak wie of wat oor jou pad kom nie. Wat ‘n pragtige keuse om elke liewe dag te maak. Nie net vir jou nie, maar vir almal met wie jy in aanraking kom.
🌺 Die woord
Aloha het ‘n baie dieper beteken though:
dit beteken om van aangesig tot aangesig te wees met iemand (alo); en (ha) beteken lewensasem - so, wanneer jy vir iemand “Aloha” sê, sê jy eintlik:
“Ek deel my lewensasem met jou.” Is dit nie eenvoudig beautiful nie?
🧘 Die leefwyse
In Hawaii is hierdie Aloha Spirit selfs in hul wetboeke opgeneem - hulle vereis dit van elke burger om hiervolgens te lewe:
Liefde en Medelye: Om mense te aanvaar en te respekteer sonder om te oordeel.
Gasvryheid: Om jou hart en huis oop te stel vir vreemdelinge.
Harmonie: Om in vrede te lewe met die mense om jou, sowel as met die natuur en die see.
Kan jy imagine as die hele wêreld hierdie leefwyse sou volg?
Ek het nou nog nie besluit waarvoor ek hierdie boekie gaan gebruik nie - miskien vir my eie stories en lewenslesse aan my kinders - of sy kinderkies - who knows - my mind moet nog opgemaak word.
Die krale self het ‘n diep spiritual meaning, en dan natuurlik was daar die pansies, of sand dollars!
Maar meer daaroor more!




Dit is so special, mooi geskenkies.