Daar is baie dae wat ek hierdie moderne tegnologie van ons verwens - maar daar is baie meer dae wat ek daaroor juig - want dit het ons grote wêreld in ‘n village verander.
En sovéél as wat ek soms myself terugwens na my grootword-jare met gas en parafien, soveel verlang ek na die goeie ou dae van brief-skryf.
Onthou jy nog hoe lekker dit was as jy by die huis kom, die posbussie oopmaak en daar lê ‘n brief vir jou en wag? Of die vreugde van gaan sit, pen in die hand, ‘n skryfblok met mooi prentjies of quotes, en jou hart leegskryf vir jou beste pel of boyfriend? Wanneer laas het dit gebeur???
Maar voordat ek té nostalgies raak - ek is dankbaar vir moderne tegnologie wat my na plekke toe vat wat ek nooit met my eie ogies eerstehands sou kon ervaar nie - en dit kos my nie ‘n sent nie - en geen ongemak of ongerief op ‘n vliegtuig nie - geen lang rye van staan en wag op ‘n lughawe nie - so vry soos ‘n blou voëltjie op die groen gras kan ek wees en alles geniet wat die kinders ervaar.
Ek sit hier met Leefstyl magazines sover terug as 1993, wat ek net eenvoudig geweier het om van ontslae te raak - ek dink as ek dit moes doen, dan kon hulle my maar net so vat en begrawe. Want hierdie glansgidse, vol inspirasie van Sarie, het my siel altyd na plekke gevat wat ek andersins nie sou kon sien, ruik, voel of ervaar nie.
En daar was altyd twee uitgawes elke jaar - een vir die Winter en een vir die Somer. Dit sal moeilik wees vir my om ‘n gunsteling te kies, want ek love die meeste van dit - maar ek dink Griekeland sal nommer een wees - oor die wit en blou wat my siel so bekoor.
Dan is daar Nederland. Argentinië. Toskane. Portugal. Mexico. Thailand en Turkye sal heelonder aan die lys wees, met ‘n hele paar plekke in Suid-Afrika tussen-in. My favourite van die plekke is Suid-Afrika sal verseker die Overberg wees, want dit is waar ek grootgeword het. Daardie skakel is mos maar moeilik om te breek.
Ek het baie gewonder en geponder hierdie laaste paar dae, en daaruit is baie idees gebore. Ons gaan hierdie jaar travel, ek en jy, uit die luxury van ons eie stoel of couch. The best way to do it, me thinks. Ek weet of ek ooit weer op ‘n vliegtuig wil klim nie. Ek het genoeg gehad daarvan. En van soetkyste. Daardie twee jaar se leef uit twee soetkysies uit het my genees van enige travel in die lug, of langer as ‘n week of twee LOL
By the way - ‘n vriendin vertel vir my hulle hou re-unie die jaar, want ons is al 50 jaar uit die skool uit. Iemand sal my kontak en my naam op die Whatsapp groep sit. Toe ek haar laat weet ek het nog niks van niemand gehoor nie, besef ek die mannekie, wat die groep run, en ek was nooit groot maters nie - so daardie sal ‘n wonderwerk wees as dit gebeur.
Maar as dit enigiets soos ons 2006 re-unie was, hou my maar uit die groepie uit, groot asseblief, want die mense van wie jy toé nie gehou het nie, het niks verander nie - en in ‘n volwasse state is hulle amper erger as toe ons tieners was.
Thank you, but no thank you to that.
Vir té lank kies ek die mense met wie ek myself, my gedagtes en my hart wil deel, en daar is niemand daar wat in die kategorie val nie.
Ek het gister vir die kinders gesê wanneer hulle naweke iewers heen gaan vir ‘n paar uur, moet hulle my asseblief inlig, want dan wil ek gaan jacuzzi. Ek het ook besef dat ek bitter min tot geen plesier in my lewe het nie - en die jacuzzi is verseker een wat my ongelooflik gelukkig maak. Die reuk van chloor - die gevoel van water op die vel - ek wil nie sê dit voel soos bad nie, wat ek jare laas gedoen het en wat ek SOOO mis, maar ek is so happy soos ‘n vis in enige water - altyd.
Ek is terug na tien dae se ge-niksdoen met genotdoening, terug voor my laptop - en ek wil net skryf!!!
Things are looking up. I am looking forward. En dit is altyd ‘n blerrie goeie teken van lewe! She ain’t dead yet - die skop is terug!



