Mense wie se talente in die harte en siele van ander mense klim, kan nooit vergeet word nie. Ek sê nie hulle is die belangrikste mense in die see van mense nie - ek meen, nie solank as wat daar ‘n Einstein, of ‘n Alexander Graham Bell of ‘n Louis Pasteur en ‘n Maria Curie is nie.
Maar as jou talente nie in daardie rigtings lê nie, en jy besluit om te skryf of te sing, dan dink ek gaan jy, in ‘n way, nooit regtig dood nie? Want baie mense onthou jou woorde in stories, maar die meeste mense onthou jou musiek.
Ek het Joe Dolan se musiek leer ken toe my tweede sussie, met wie ek ‘n kamer gedeel het in Pretoria, ‘n tiener was. Sy was 8 jaar ouer as ek, en sy het plate gekoop, en ek het die musiek toe al gelove. Wie onthou nie sy ‘the summer is over, Teresa’ nie? Of Sister Mary?
My pa het hierdie groot tape-recorder gehad met twee groot tapes wat draai - dit was meestal Duitse musiek, en oh, my word - it touched me soul deeply. Ek glo my liefde vir musiek is daar in ons huis in Pretoria gebore.
Wat ek nie geweet het van Joe Dolan nie, en wat ek eers as ‘n (ou) vrou geleer het, was dat hy nooit getrou het nie. Sommige mense het agter hulle hande gefluister, maar hy het wel ‘n baie sterk vriendskap met Isabella Fogarty gehad - dit het gehou van 1977 tot 2007, toe hy oorlede is. Hulle is nooit getroud nie.
Hy was die eerste Ierse sanger wat in Rusland gaan toer het. Hy het keer op keer geweier om in Las Vegas op te tree, en verkies om eerder te gaan sing waar daar Irish-American siele was vol honger vir sy musiek. Hy het wel, in 1980, na 13 jaar se soebat en pleit, vir 6 weke in Las VEgas gaan optree, maar dit hulle $10 000 ‘n week gekos, plus sy board and lodging. Not bad, Joe!
Toe hulle hom reg daarna wou boek vir 1981, het hy gesê, “Thank you, but no thank you.” Dit het nooit vir hom oor die geld gegaan nie.
Hy was wel die enigste Ierse sanger wat Top 10-hits in die 1960's, 1970's, 1980's én 1990's gehad het. Dit wil gedoen wees! Is al wat ek sê.
Maar daar was ook ‘n sterk rebelse streek wat af en toe kop uitgesteek het. Dit het hom met tye duur te staan gekom.
‘n Tipiese Irish-humour opmerking het hom hospitaal toe gestuur en het hom 6 weke gevat om te recover. Don’t mess with bad Irish-men - hulle wou die owner van die pub boelie om, nadat hy al toegemaak het, vir hulle champagne te gee - Joe lag toe en sê, “Kom terug vir ‘n champagne breakfast” en dis het daar wat hulle hom nie net boelie nie, hulle het hom amper in die hospitaal gesit. Hy is gehead-butt, geskop en geslaan en sy is teen toilets gestamp - kompleet soos ‘n mens in die Mafia movies sien.
Hy is ook geban om met Aer Lingus te vlieg. Oppad na ‘n gholf-trip in Corfu toe, het hy met mense op die vliegtuig gemingle - almal wou natuurlik vir hom hallo sê en blad skud. Almal het ‘n bietjie merry geraak en wou nie na die lugwaardin luister nie - die lugrederey het geweier om hom uit Corfu te vlieg terug Dublin toe - en vir 2 jaar mag hy nie met hulle gevlieg het nie.
In 2007 het hy ‘n heup vervanging gehad. Daarna het hy net nooit weer regtig gelyk na die man wat hy was voor die vervanging nie. Hulle het besluit om sy Kersfees toer te kanselleer, en op Kersdag het hy nie lekker gevoel nie - hulle is met hom hospitaal toe, waar ‘n beroerte hom in ‘n koma gelaat het, en sy laaste asem het hy die volgende dag uitgeblaas toe hy, omring deur familie en vriende, sy laaste asem uitgeblaas het.
Laat ons altyd met ‘n liefde lewe vir die common people, een van sy mooiste songs vir my:
“Where you can live in the love of the common people, smiles from the heart of a family man; Daddy’s gonna buy you a dream to cling to & Mama’s gonna love you just as much as she can, as she can .. “




Die mense in Ierland, die wat onthou natuurlik, of dit eerstehands ervaar het, is lief om te sê, “There is no show like a Joe show!”
Ek wens ek kon een van daai bywoon ...


