Julle het 12 deure oopgemaak hierdie maand wat nooit weer toegemaak kan word nie. As jy jouself genoeg tyd en spasie gegee het om stil te word, het jy baie meer geleer as ‘n jaar se lees aan self-help boeke - want jy het jou siel kans gegee om met jou te praat, maar meer as dit - jy het jouself kans gegee om te luister na wat jou siel te sê het.
Hier is ‘n vinnige opsomming van die twaalf deure van LUISTER NA:
Stilte: Dit is nie die afwesigheid van geraas nie, maar die teenwoordigheid van jouself. Dis waar die antwoorde lê.
Natuur: Herkonnekteer met die ritme van die aarde; dit dwing jou om stadiger te loop.
Ander mense: Gee iemand die onverdeelde aandag wat vandag so skaars soos goud geword het.
Jou Lyf: Jou liggaam praat lank voor jou verstand; leer om die tekens van moegheid of krag te herken.
Jou Asem: Die vinnigste pad terug na die “nou” is die eb en vloei van jou eie suurstof.
Jou Emosies: Moenie emosies probeer wegredeneer nie; vra hulle eerder wat hulle vir jou probeer vertel.
Die Verlede: Jou geskiedenis is ’n biblioteek, nie ’n tronk nie – luister na die wysheid wat dit bied.
Jou Pyn: Pynvat ons dikwels na die plekke in ons siel wat nog genesing kort.
Die Patrone in jou dae: Let op die dinge wat oor en oor gebeur; dit is die lewe wat jou ’n les probeer leer.
Vreugde: Gun jouself die kans om die fyn tinteling van geluk te hoor in die klein, alledaagse oomblikke.
Dit wat nie gesê word nie: In verhoudings lê die grootste waarhede dikwels tussen die reëls en in die pouses - dit is die taal van die hart.
Die Lewe Self: Gee jouself oor aan die groot stroom en vertrou dat die heelal weet waarheen dit jou neem.
Wat jy hierdie maand gedoen het, was ‘n daad van liefde. Dit is onmoontlik om nog dieselfde mens te wees as 30 dae gelede.
Jy het nou ‘n check-list for your soul. Sodra jy voel iets is nie lekker nie, raak stil, haal diep asem, en luister na die stil stem van jou siel. Baie dankie dat jy saam met my deure oopgemaak het.
Met die dat Mei sommer inval met my verjaarsdag, het ek besluit dat Mei maand 12 nuwe deure gaan oopmaak - alles oor hoe om jouself te laat blom.



