Die winde van verandering.
"A change is as good as a holiday."
“What is a mind if you cannot change it?”
Gewoonlik die vraag wat menige vrou vra, want die meeste mans weier mos gereeld om hulle minds te change. Hulle ken mos net van gears change.
Anyway. My mind werk al vir die laaste paar weke oortyd.
Hier, so op die vooraand van my twee-jaar anniversary in Amerika, het iets kom brand in my. Dit het geklop aan my hart. Dit het begin bruis in my bloed. Ek het rillings teen my ruggraat af begin kry en ek het geweet:
CHANGE IS IN THE AIR!
Annette het moeg begin raak vir baie dinge.
En ek het begin hunker na ’n paar dinge - maar meeste van alles het ek ’n moerse hunkering gehad na my eie taal. Ek wil dit praat. Ek wil dit skryf. Ek wil dit leef.
Toe ek hier op Substack begin skryf het, het ek nog geen cooking clue gehad hoe my lewe hier gaan uitdraai nie. Turned out to not be much of anything.
Want waar ek gehoop het Weaving Moments ’n goeie naam sou wees vir die oomblikke wat my lewe sou verweef, het die realiteit totaal anders gelyk. Daar was niks om te weave nie; no moments to shout out nie. Daar was nie plekke wat ek gesien het waaroor ek liries kon raak nie. Ook nie mense wat my pad gekruis het waaroor ek kan huis toe skryf nie. En omdat alles om my geel is, het ek geen groen of blou gehad waaroor ek kon sing nie.
Nou ja, ’n boer maak ’n plan. ’n Boeremeisie maak nie net ’n plan nie — sy doen iets daaraan.
Ek het Maria Anna Johanna in die lewe geroep, en glo my, tussen hierdie drie het Annette weer lewe gekry.
Nou kon ek al my fantasies uitleef — ’n kombuis met ’n Aga, ’n huis met ’n stoep reg rondom, stofstrate, windpompe, fietse, leivore, mense. Groen weivelde en blou waters. Met hierdie drie kon ek myself vereenselwig. Ek kon my eie lewe, feite, met hulle lewens (fiksie) meng en iets kry wat my weer moer excited gemaak het oor my eie lewe.
Ek het vir hulle ’n blad oopgemaak op Facebook, Instagram en YouTube. Hulle drie se stemme kan nou wyd en syd gehoor word.
En vir Annette het ek sopas ’n hele nuwe look gegee op Substack - uit is Weaving Moments, en in is AFRIKAANS IN MURG & BEEN.
Afrikaans is die taal van my hart, en dit is wie en wat ek is - in murg en been.
Waarvoor ek nou reg is, na weke se voorbereiding, videos, recordings en karakters skep, is om te skryf. Sonder voorbehoud. Sonder ophou.
Facebook sal ’n daaglikse ‘Anna-sê’ kry.
Instagram sal wees waar ‘Anna se filosofie’ lewe.
YouTube sal wees waar ek kort stories uit Maria Anna Johanna se lewe vertel, soms verweef met my eie lewe, ervarings en ondervindinge.
Hier op Substack is die substance - wat my siel gelukkig maak en wat ek hoop jou siel na soek en smag. Hier kan ek my kop leeg skryf en my hart vol skryf.
Dit is available vir een en almal wat subscribe, of nie.
My dieper stories sal vertel word aan diegene wat genoeg waarde aan my heg om my met ’n paar rand elke maand te ondersteun.
Op ons, vorentoe!



