‘n Dam wat breek, is nie vir sissies nie. Dit gebeur nie saggies en teer nie. Dit kom soos ‘n tsoenami - spoel oor alles - vat alles saam.
Wanneer trane vir té lank onderdruk is - en jou emosies vir té lank op ys gesit is, dan begin dit naderhand vries - en, net soos water, word jy hard - want dit is al hoe jy weet om te survive. Jy sit die trane en emos…



