Emmersvol lewe!
“There are years that ask questions, and years that answer.” (Zora Neale Hurston)
Ek kan nie help om myself ‘n wyle by hierdie woorde te laat sit om te wonder en te ponder nie.
Elke nuwe jaar voel altyd soos ‘n nuwe begin, behalwe vir my, vir té lank, was dit die herdenking van ‘n huwelik wat meer seer as salf gebring het.
Elke nuwe jaar is ‘n nuwe hoofstuk in ons lewensboek - ons het geen idee hoeveel hoofstukke daar gaan wees nie - h…


