Ons was almal al daar - in die woestyn op soek na water. Wanneer jy net een doel voor oë het, weet jy: wanneer ek daai oase vind, gaan ek drink sonder ophou.
Terwyl jy deur die wildernis en oor die woestynsand strompel, sien jy nie eers die son wat iewers ’n lugspieëling vorm nie. Alles is 50 Shades of Desert. Die tik-tik van die horlosie klop so hard soos jou hart in jou keel, en jy weet: my opsies is zero to none. Dit is presies waar ek myself die laaste 37 dae bevind het. In plaas van ’n oase, was my lewe op ys.
En toe, skielik, sit ek met 18 dae se oase voor my.
’n Oorvloed van tyd. Doen wat ek wil, wanneer ek wil, vir hoe lank ek wil, waar ek wil - en niemand gaan ’n stok in enige van my wiele steek nie. Skielik het ek niks wat my terughou nie. Dis oorvloed in oorvloed. Amper ’n kosmiese grap: “O, jy het so hard gewerk en uitgesien om ’n paar dinge te doen? Well, hier is dit!! Vergeet van een lekkerte per dag - ek gee jou ALLES en jy kan self kies!”
Well, let me tell you - gister was Dag 1, en FOMO (fear of missing out) en FOBO (fear of better options) die absolute bottom line is van ‘spoilt for choice’. Die stres om die perfekte keuse te maak is very real! Gister het ek die hele dag gesit met ’n pen en papier in die hand. I was wondering and pondering. Ek wou die perfekte keuses maak vir my ‘summer break’. Ek het letterlik beurte gemaak tussen sit-en-dink (en skryf) en dinge doen - en voordat ek my ogies kon uitvee, was Dag 1 done and dusted.
Vandag, op Dag 2, is ek reg om die werklik moeilike, strategiese besluite te neem. Byvoorbeeld: Wanneer is dit koeler vir swem? Vroegoggend of laat-aand? En hoe hanteer ek hierdie Texas-son en hitte, mentally en physically, oppad swembad toe en terug? Sit ek ys in die waterbottel? Of miskien sparkling water saam met my ruby grapefruit in die ander bottel? Musiek is ’n móét, maar kan my foon die hitte survive? En wanneer presies gaan sit ek in die jacuzzi just to watch the time go by?
Skielik het ek hierdie wonderlike ‘probleem’ om op te los, en ek is so ongelooflik dankbaar daarvoor.
Op die ou end het ek besluit om net te doen waarna ek voel. Van oomblik tot oomblik kan enigiets my fancy tiekel - en ek is vry fokken vrou genoeg om te doen wat ek wil (of kan).
Van my Feast or Famine-dae is ek nou slap bang in die middel van ’n Possibility Fest! Can one girl get luckier than this?



