Goudgeel magic.
The earth laughs in flowers. (Ralph Waldo Emerson)
Stuur ons oud-Geskiedenis onderwyser vanoggend vir my hierdie foto van die canola-lande daar tussen die blou over-berge.
Ek skryf dadelik vir hom, "my verlange lê tussen die lighuis en dié lande."
Want Canola lande, met die helder geel blommekies, wat soms van ver af soos limegreen lyk, bly altyd, vir my, an unforgettable and vibrant sight to behold.
Ek lees canola is deel van die mostert familie, en net soos ek, word dit elke jaar op 'n ander plek geplant. Gelukkig is my dae van myself oor en oor op 'n nuwe plek plant, vir altyd verby.
Dit het nie net mooi blommerkies nie, maar dit maak peule met sade. Hierdie sade word dan gemelk totdat dit nie meer kan nie, vir olie. En so mooi soos wat die blommerkies is, so dodelik kan die olie wees, as die mense die waarheid praat, want dit gaan deur te veel verhittingsprosesse, en dit is dan wanneer mooi dodelik kan raak vir die mens.
Ek lees dat hulle in Kanada baie sulke lande het, en in Amerika groei dit veral in Noord Dakota, Idaho, Washington (staat) en Minnesota en dan of course, Europa, Australia, dele van Asië (noem dit 'double low rapeseed' - dit is darem maar 'n naam wat nie lekker lê op my tong nie) en dan, my eie Overbergse lande.
Dit is al 'n goeie wyle wat ek probeer om nie hierdie olies te gebruik nie, vir dieselfde rede wat ek nie margarine gebruik nie, maar jissie, hoe bak 'n mens 'n vetkoekie sonder 'n sonneblom- of canola-oliekie?? Daardie vraag wat trane na my oge bring, bly onbeantwoord, en dan skaf ek maar 'n klein bottelkie olie aan, en as ek klaar my lus vir my grootword-lekkernye gestil het, gooi ek dit weg.
Vandag wil ek gaan soek vir twee olyfolies. Ek lees hulle sê jy moet een hê vir kosmaak, en een vir oor jou slaai.
Nou ek het mos nou die dag saam met skoonbroer en suster by Jasons gaan eet. Hulle weet dadelik wat hulle wil hê, maar ek was nog nooit daar nie - en ek is nou nie een wat in 'n restaurant 'n 'sandwich' wil gaan eet nie - die maak ek mos by die huis.
Anyway, hulle vertel vir my die gebakte aartappel is very nice, en dit het brisket en kaas bo-op. Dit klink vir my na 'n wenner, so ek bestel een. Gaan kry solank vir my 'n slaaikie, en gooi 'n bietjie rooiwyn asyn en olyfolie oor, en sommer 'n paar goji berries en walnuts - oh my word, dit was so fokken lekker!!!
Toe hierdie appeltappel op die ou end by my uitkom, kon ek nie oor die skok daarvan kom nie. In my hele lewe het ek nog nooit so 'n groot aartappel gesien nie!!! Ek was eintlik, truth be told, heel afgesit!! Want waar op dees aarde, en hoe op dees aarde, boer julle 'n aartappel dat hy groter as 'n rugby bal is???? Dit klink nie vir my gesond nie!

So, ek het aan my slaai gesmul, die aartappel gevat 'to go' soos hulle hier sê, en hier by die huis, later die dag, geproe. Die brisket was drenched in BBQ sauce, wat nie vir my lekker is nie. En die aartappel het nie vir my soos aartappel gesmaak nie, so ek het dit weggegooi. Die brisket het ek netjies afgewas en dit toe in 'n omelet gebruik.
Ek dink dit is veiliger vir my om 'n biekie olie vir 'n vetkoek of 'n poffertjie te gebruik, as om so 'n moerse aartappel in my lyf te kry.
Met hierdie month of July wat rondom lyf-goed draai, was dit net een aartappel te veel!!!
“In the end, I'll just fall into a bed of wildflowers and forget everything.” (Kristin Hannah)



Oh how i enjoyed this little snippet of news. Canola fields look so pretty from a distance they remind you of sunflowers and are often mistaken for such. the filelds of green and yellow are delightful. The value of olive oil is often disregarded due to the price, but oh so worth its cost !