Happy Valentynsdag!
Love yourself first and everything else falls into line.
Op hierdie dag van liefde praat my hart baie hard met my.
Ek besef vandag, meer as ooit, dat die enigste siel wat ons werklik, really really, en altyd gelukkig kan maak en hou, nie iemand anders is nie, maar onsself.
Ons gaan deur die lewe en ons glo so sterk in almal om ons se sterk punte, en ons aanvaar so sonder skroom almal om ons se swakpunte, maar die oomblik as dit by ons eie siele en menswees kom, dan kom die hamer uit, en dan val die byl.
Hoekom vat dit ons so lank om in onsself te glo?
Voordat ons besef, “I have something unique to give, not only to the world, but to me? To myself.” Om te besef dat ons uitkyk op die lewe uniek aan ons is, en dat dit priceless is?
En wanneer ons vir almal om ons begin oud lyk en klink, dan drop die pennie finally en word ons gedazzle deur die discovery of our own capabilities en capacities. Dit is so goed ons kom af op die pot goud aan die einde van die reënboog.
Op hierdie dag van liefde, how about ons maak ‘n belofte aan ons se selwers om meer generous te wees met ons menswees. Om ons siel meer vreugde te bring, al is dit net die idee of it, en al koop ons dit by die Crazy Store?
Ek lees die storie van ‘n vrou wat haarself gereeld ge-uplift het met ‘n onverwagte gift. Sy sou R50 of R100 gaan trek. Dan vat sy die vyf R10 of R20 note en sit een in vyf van haar favourite jasse, baadjies of handsakke. Dan vergeet sy daarvan.
Wanneer sy dan weer daardie item aantrek, kom sy af op hierdie unexpected geldjie. Nie baie nie, maar genoeg om haar gemoed te lig. Dan lag sy uitbundig en herinner haarself aan hoe spesiaal sy vir haarself is - en sy wys haar liefde en respek vir haarself deur daardie kleine spoil.
Dan vat sy daardie noot, en besluit waarmee sy haarself gaan bederf: blomme, al kan jy net twee koop met jou geldjie; ‘n regte stukkie pastry met ‘n lekker koffie; of ‘n lekker-ruik kersie - enigiets wat sy kan onthou - en haar met nuwe lus laat lewe.
"To fall in love with yourself is the first secret to happiness." (Robert Morely)
En wanneer jy alleen loop, soos ek, vind jy baie gou uit dit is die enigste manier. Maar ek was darem gelukkig genoeg om ‘n bossie blomme by my seun te kry.



