Wat ’n pragtige gedagte is dit nie? Alexander Pope, die Britse digter wat tussen 1688 en 1744 geleef het, het ’n ongelooflike manier gehad om woorde tot diep in die menslike hart te laat praat. Ons ken hom natuurlik ook vir daardie ander bekende sêding: “Fools rush in where angels fear to tread.”
Leo Buscaglia (Dr. Love) herinner ons egter dat daar altyd ’n risiko is. Wanneer ons hoop, staar ons die moontlikheid van ’n enorme teleurstelling in die gesig. Charles Dickens het min of meer dieselfde gesê in sy boek Great Expectations: “Great expectations often lead to great disappointments.”
Ek het egter vroeg in my lewe vrede gemaak met daardie risiko. Ja, teleurstelling is moontlik – maar wat as dit nie gebeur nie?
Ek het geleer om ernstig te hoop, maar met die innerlike vrede dat dinge dalk nie hierdie keer my kant toe sal kom nie. Ek sit nie al my eiers in een mandjie nie, maar ek hou net genoeg daarvan reg om die vlammetjie van hoop brandend te hou.
Hoop is ’n Dissipline
Hoop is meer as net ’n “warm fuzzy feeling”. Dit is die dissipline om elke dag die besluit te neem om een voet voor die ander te sit, selfs al voel dit of jy stilstaan of in tru-rat is. Dit gaan oor:
Daaglikse oefening: Om die regte aksie te neem.
Realistiese verwagting: Om te weet teleurstelling is ’n moontlikheid, maar sukses is ’n werklikheid wat op jou wag.
Christopher Reeve (Superman) het geglo: “Once you choose hope, anything’s possible.” En onthou, hy kon vlieg! 😉 In Italië leef hulle met die gesegde dat hoop die heel laaste ding is wat sterf (La speranza è l’ultima a morire). Hulle bak dit in hulle kinders in soos vars brood.
Waar sit jy vandag?
Hoe lyk jou lewe op die oomblik? Is dit vol hoop, of sit jy op die “hopeloos-hopie” en sukkel om die lewe in die oë te kyk? Sit jy daar omdat jy bang is om die kans te waag, of omdat jou hoop al te veel kere vervaag het?
Dan wil ek jou herinner dat dit nooit te laat is vir nog ‘n sprankel hoop nie!
Ek hoop uit my hart uit dat hierdie woorde jou sal help opstaan. Vat tyd om jouself reg te kry vir die nuwe maand. April klop aan die deur – ek hoop jy gaan oopmaak.
“Hope begins in the dark, the stubborn hope that if you just show up and try to do the right thing, the dawn will come.” (Anne Lamott)




Dankie my vriendin dis mooi en so nodig om onthou te word om nooi op te hou hoop nie. Xx