Die dag het aangebreek … Broken Bow en ek gaan mekaar later vandag te siene kry. Wanneer of hoe laat weet ek nogsteeds nie.
Ek lag vir Violet gisteraand. Sy sit by my van half 6 af, na haar klavier- en sangles met Miss Genevieve. Genevieve is a beautiful soul van Gambia, Afrika - ek moes gaan kyk waar hierdie kleinste landjie op die Afrika kontinent is - kan nie onthou of ek ooit daarvan geleer het in laerskool se Aardrykskunde nie …
Genevieve se Uber het gekom en ek en Violet sit. Tot amper half 8 toe. Elke af en toe sug sy, “Oh, maên! I am SO excited! Ouma, how many hours before we get to Broken Bow?” Sy vertel vir my sy is net té excited om te slaap vanaand.
Nou het ek intussen ‘n biekie meer uitgevind oor Broken Bow. Die naam klink Native American, maar dit is actually suiwer Nebraska. Die Diers broers het ‘n lumber besigheid begin en die dorpie het rondom dit gegroei.
Ek vind uit die land het aan die Choctaws behoort voordat die wit man gekom het, en ek vind uit dat die mensgemaakte meer, in die 60’s gemaak, Hochatown totaal en al geflood het - so, imagine wat lê onder daardie water …
Ek maak my natuurlik reg vir vuurvliegies!!! En ek maak my reg vir mis oor die water, sonlig wat deur die dennebome val, en ek maak my reg vir sterre kyk. So ver weg van stadsliggies glo ek ‘n mens kan maklik die Milky Way sien.
Onthou julle nog daardie liedjie uit ons tienerdae? Milky Way van Columbus? Released in Mei van 75’ - 51 jaar gelede en ek onthou nog asof dit gister was, hoe ek gevoel het wanneer ek daarna geluister het …
Nou ja, ek het gecontemplate of ek my laptop gaan saamvat vir skryf hier, maar ek het besluit, nee - ek gaan myself vol maak met Broken Bow en dan gaan ek julle vol maak, in Junie, met Broken Bow.
Isn’t life just pure magic!!!??



