Luister na jou pyn se fluistering voordat dit ’n gil word. Vir jare lank het dit vir my gevoel asof pyn my aartsvyand geword het. Sedert daardie val met ’n klein trollie buite Pick ’n Pay in Gordonsbaai in 2012, staan ek elke oggend op met pyn en gaan ek elke aand daarmee bed toe.
In Suid-Afrika het ek ses jaar lank daarmee geworstel. In Ierland het die …


