Ek is nie bang om te sê, “Ek voel lost” nie. Ek het daardie leemte (of is dit laagte?) al ‘n hele paar maal in my lewe geken; ek weet presies hoe dit proe. Dit is daardie oomblik wanneer jy jouself op ‘n plek bevind waar jy geen sin kan maak van hoe jy daar beland het, wie die argitek van jou situasie was, of hoe die hel jy jouself daar gaan uitkry nie.
…



