Sjoe, ons het al 9 maniere explore van hoe om regtig te luister. Waarna of na wie om te luister. Ek wonder hoe jy dit sover ervaar?
Vir my, wat meestal gewoond is aan stilte - just me, myself and I - ek voel asof ek regtig nog meer ingestel is op die stilte en wat ek hoor - nie net van buite af nie, maar veral van binne af.
Ek wil ons na vreugde toe vat op hierdie Maandag, wat ek hoop nie blou is. of was, vir jou nie.
Nou hoor ek jou wonder, “Maar is vreugde iets wat jy hoor, na luister, of voel jy dit? Ervaar jy dit in jou hart en dan in jou lyf? Of as dit ‘hoor’ in jou kop, dan dink jou hart en dan jou lyf dat jy maar regtigwaar kan dans van vreugde?
Baie diep siele het gewonder oor vreugde toe hulle pen en ink op papier gesit het.
Een reken vreugde kom by jou aan as ‘n fluistering wanneer jy op die plek pause kan druk en tyd vat om te reflect - instant wondering and pondering - en dan sommer net daar ‘dankie’ sê vir wie en watookal jou op pause gesit het.
Robert Louis Stevenson het geglo as jy kan uitving waar vreugde bly, dan kan jy dit ‘n stem gee wat baie verder gaan as die wysie wat dit sing. Want, so het hy geglo, as jy die stem van vreugde nie hoor nie, dan het jy die bus heeltemal gemis.
Rumi, my geliefde Rumi, het gesê, “When you do things from your soul, you feel a river moving in you, a joy.”
Dit is hoe dit vir my is. Onthou julle nog daai Sondagskool liedjie, “Dit borrel in my en ek is so bly” - dit is wat ek dink Rumi bedoel het met sy ‘river of joy flowing through you and me.’
Henri Nouwen, ‘n Nederlandse Katolieke priester, professor, skrywer en teoloog het gesê, en ek dink ons almal het hierdie quote al voorheen gehoor,
“Joy does not simply happen to us. We have to choose joy and keep choosing it every day.”
Wat ‘n groot waarheid. Om jou ore uit te leen vir vreugde, is om te besluit, ‘ek gaan voortaan fokus op my innerlike tevredenheid en dankbaarheid’ en ek wil elke oomblik voluit leef - ek wil nie op en af gaan soos ‘n wille mallemeule soos wat my omstandighede op of af gaan nie. Dit sal my kat-skiet-siek maak.
Nee, ek wil die fluistering hoor. Ek wil stop. Ek wil hart en kop vashou en dankbaar wees dat ek kan dink en voel. Ek wil die stil stemmetjie diep binne-in my hoor elke keer wanneer dit met my praat - of my maan om stadiger te lewe - om tyd te vat vir stilwees en weet.
Vreugde is niks anders as ‘n daaglikse keuse nie - ‘n keuse wat jy maak om die stil stem te hoor - die quiet wisdom from within.
Wanneer ons omring word met ‘white noise’ - in watter vorm ookal, kan ons maklik ons eie paadjie se afdraai mis - en sodoende groot vreugde misloop.
As jy terugdink aan al jou gisters - kan jy nog onthou wat jou altyd groot vreugde gebring het? iets wat jy gedoen het? Iemand met wie jy ‘n vriendskap gedeel het? Plekke wat jou siel diepgeraak het?
Is dit nog deel van jou lewe? As dit nie is nie, en daar is niks wat jy daaromtrent kan doen nie - is daar iets anders wat jy kan vind wat jou dieselfde maat van vreugde kan bring?
Want ons skuld dit aan onsself, don’t we?
Rumi het gesê dat elke liewe een van ons hier is vir ons eie joy. Ek het na baie ongelukkige jare besluit dit is tyd dat ek my vreugde vind aan die anderkant van die mense vir wie ek lief was en wat nie meer hier is nie. Ek moet dit vind buite die land wat my siel betower het en my sinne benewel het.
Ek moet elke dag hardop besluit om vreugde te kies, al is dit die hartjie-blom wat buite aan die boom hang. Of die voëltjie wat so mooi sing. Of die eend wat kom plas het Vrydagoggend toe die sprinklers aan was.



Mark Carney, die Eerste Minister van Kanada en ‘n man vir wie ek baie respek het, het hierdie naweek iets gesê wat my bygebly het,
“Hope is not a plan, and nostalgia is not a strategy.”
Dit is goed om nostalgies te voel oor die dae en dinge wat vreugde gebring het, maar dit is verby. En as al wat ons doen is hoop om dit terug te kry, then we are boomed to go bang.
Net vandag maak regtig saak. Nou is die enigste oomblik wat werklik ‘n verskil in jou lewe kan maak. Jy is die enigste persoon wat verantwoordelik is vir jou vreugde - niemand anders nie.
En as jy stil genoeg word, sal jy kan hoor waar vreugde vandaan roep, en as jy luister, en dit volg, gaan jy dit vind.


