Ek is ‘n Winter-kind - geen koue is vir my erger as die hitte nie - maar met Moeder Natuur wat deesdae voel asof sy self deur menopause gaan, maak nie saak waar in die wêreld jy bly nie, dit is of blerrie koud, of blerrie warm. Hier waar ek leef en (nie baie) beef nie, is air-con my beste maaikie.
Tog voel ek dat daar tussen vandag, die laaste dag van Augustus, en more, die eerste dag van September, ‘n redelike shift is, asof dit ‘n brug word tussen wat was en wat oppad is.
Vir my is dit die belofte van winter wat my opgewonde maak. Vir jou in die Suidelike Halfrond is dit die belofte van warmer weer wat oppad is. Dit voel amper vir my asof die magic nie in die belofte van winter of somer lê nie, maar in die shift itself.
Moeder Natuur spring nie rond van een seisoen tot ‘n ander nie - sy transitions - dit is so ‘n geleidelike verandering, ‘n mense kom dit soms nie eers agter nie. Ek vermoed sterk dat September haar gentle reminder is dat alles altyd aan die verander is - dat alle dinge een of ander moet evolve.
Vir my siel is hierdie altyd meer as net ‘n awakening, veral na my vier jaar in Ierland. Daar het elke seisoen so ‘n spesifieke rol en betekenis gehad, en in many ways en op baie plekke, word die seisoene nogsteeds gevier.
Hulle hele lewe draai rondom groei - plant, blom, oes, rus - en dit het nooit volgens ‘n datum gebeur nie, maar altyd volgens die weer, en hoe die seisoen vorm aangeneem het. Dit was nog altyd vir my so amazing. Om so een te raak met die natuur. En ek het dit begin voel terwyl ek daar was, waar nou, hier in Texas, spandeer ek die meeste van my tyd in my sacred place en gaan die kom en gaan van die maan en seisoene grootliks verby my bruin-ogies.
Gisteraand vra my oudste vir my of ek die maan gesien het, en die eklips. Ek moes bely dat ek nie het nie. Ek het die maan twee aande gesien deur my venster oppad kooi toe. In Ierland het ek die nuwe maan, die volmaan, die halfmaan en alles wat daarmee gepaard gaan, gevier.
Ek het daffodils gekoop in die lente, en hot chocolate en ertjiesop in die herfs. Maar die grootste vreugde, was Ierland self.
Wat probeer ek sê?
Terwyl een helfte van die wêreld besig is om uit die donker en koue te kom, is die ander helfte besig met skoonmaak en letting go.
Een helfte se dae word korter, en die ander helfte ervaar die son wat later en later water trek.
Waarookal jy is, watookal die seisoene vir jou beteken, mag die nuwe maand en die begin van die nuwe seisoen vir jou vreugde bring. En as jy nie die vreugde daarin kan vind nie, vind dit in jouself - in jou oomblikke van onthou - in die mense wat jou hart vol sit, en die omgee van almal met wie jou paadjie al gekruis het.
Wat my aanbetref, ‘n deel van my sal vir altyd, wanneer September hier is, in my kop en hart sing, “Dis heerlike lente, die winter’s verby - weer vrolik die velde, vir jou en vir my” en alles wat met daardie gevoel van huppel saamkom.




Ek stem saam jou somer is pragtig en sprokie mooi in die lente. Maar ek verkies ook nogsteeds die winter. 😘