Moenie jou tyd op aarde mors nie.
You may delay, but time will not.
My ma sou vandag 98 jaar oud gewees het. Sy was maar 72. En haar ma was maar 52 - ek is eers in 1959 gebore - so, ek het nooit die voorreg gehad van ‘n ouma ken en liefhê nie.
My skoonseun se ouma word die 7de Maart 100 jaar oud. Ek hoop van harte sy maak dit - wat ‘n mylpaal - een eeu oud.
Maar let’s be honest - ek wil nie so oud word nie - genade, ek wil nie eers 80 word nie. So, I need to do all the things I still wanna do while I still wanna do it.
Dit is te laat vir my om vandag ‘n boom te plant en te hoop ek sal nog kans kry om onder sy skadu’s te sit. Lag Hetta lekker hardop, want sy reken ons kan nie eers nou vir 2 minute buite wees without catching fire nie - ons velle is nou al so oud soos stokou bome en dit raak so warm raak hier - so net een flying spark, is all it would take!
Ek is veel meer geneë om met Mark Twain saam te stem met sy,
“Twenty years from now, you will be more disappointed by the things that you didn’t do.”
Dit herinner ons aan die feit dat môre nie ‘n waarborg is nie, om op te hou bang wees vir alles wat verkeerd kan gaan sou ons probeer, en om op te hou met verskonings maak vir hoekom ons nie vandag dinge doen nie.
As ‘n mens regtig iets wil doen, sal jy ‘n way vind om dit te doen, if you don’t, sal al wat jy vind die een ekskuus op die ander wees for not doing it. Been there, done that - guilty as charged.
Ek moet bely dat ek vir ‘n wyle - well, vir a long while - in hierdie kategorie geval het. Daar was elke dag ‘n verskoning vir iets waarvoor ek net eenvoudig nie lus was nie.
Ek sal hier sit en myself belowe, wanneer ek wakker word, wil ek dit en dat en die ander doen. En dit gaan my sus en so laat voel. Maar wanneer ek in die oggend wakker word, is my eerste gedagte gewees, ‘nog ‘n fokken dag’ en al wat my ‘n mate van vreugde gebring het, was as ek hier kon kom sit en skryf.
Dit het, dankie tog, verander. Ek was gister by The Dollar Tree, wat baie is soos ons Crazy Store in Suid-Afrika en die €2 winkel in Carrick-on-Shannon.
Daar het ek vir my die cuteste 3 opvou-bokse gekoop - $1.25 elke - en vandag gaan ek ‘n biekie die oranje boekrak hier langs my uitsort. Ek het ook gesoek vir ‘n liggie vir my blou kombuis kassies - want dit is baie mooi on the outside, but very dark inside. Sodra ek een vind wat nie met lektriek werk nie, sal ek een purchase en dan my kebuisie begin uitsort.
“Be not afraid of growing slowly; be afraid only of standing still.” (Chinese Proverb)
My tyd van hiberneer is verby. Stagnasie het gekom, vir lánk gebly, maar nou is ons weer reg om te vloei - op, oor en verby rotse en obstiekels in our way.
Maya Angelou het soveel wyse woorde vir ons gehad, “Do the best you can until you know better. Then, when you know better, do better.”
Of soos Arthur Ashe: “Start where you are. Use what you have. Do what you can.”
We get the picture!
We are on our way - terwyl ons allie pad langs die pad vreugde vind in alles en almal wat oor ons pad kom.



