’n Onbekende wysgeer het eenmaal gesê:
“To laugh is to risk appearing a fool. To place your ideas and dreams before the crowd is to risk their loss. To love is to risk not being loved in return. To hope is to risk disappointment.
But risks must be taken, because the greatest risk in life is to risk nothing.
The person who risks nothing, does nothing, sees nothing, has nothing and is nothing.
They cannot learn, feel, change, grow, love and live.”
Ek wil hierdie woorde stukkie vir stukkie oopbreek — dit proe, dit verteer — en daaruit neem wat ek nodig het om voller te leef.
So, kom ons begin by laughter.
Oor die wêreld heen glo die wat dink, voel en verstaan, dat lag ’n helende krag is. Dit verbind mense. Dit dra ons deur rou. Dit is ’n instant-vacation — want die oomblik wat jy diep uit jou maag lag, hardop, só dat die mure wonder of dit ’n aardskudding is - voel jy, nét daarna, soos ’n nuwe mens.
Wie ken nie die woorde:
“A day without laughter is a day wasted” nie?
Of dat ’n goeie lag die kortste afstand tussen twee mense is?
Dink net vir ’n oomblik aan ’n lewe sonder lag.
Ek kan.
Want ek leef alleen.
En party dae gaan verby sonder dat ek eens my eie stem hoor — wat nog te sê van hardop lag saam met iemand. Dis ’n gevaarlike stil plek. ’n Groef-lewe wat, as jy nie oppas nie, maklik ’n graf-lewe kan word.
En tog …
Ek dink een van die grootste geskenke wat ons as mense ontvang het, is juis dit: die vermoë om te lag. Dit is ons sagste medisyne en ons sterkste wapen. Teen swaar. Teen siekte. Teen die donker draaie van die gemoed.
Lag is wyn vir die siel.
Stel jou voor ’n voorskrif wat só lyk:
Medikasie vir longevity en algehele well-being :-
Neem drie keer per dag.
Indien jy voel jy dit is malligheid, verhoog na ses keer per dag -
want dan het jy dit waarskynlik die meeste nodig.
Ons het mense nodig wat ons kan laat lag.
Mense wat ons lagspiere kan prikkel en wakker maak.
Toe ek besef hoe min ek werklik gesels — en nog minder lag — het ek begin om doelbewus lag in my lewe in te nooi. Ek het begin kyk na Jimmy Kimmel Live!, waar Jimmy Kimmel sy tannie se siel uittrek. Dis keer op keer skreeusnaaks — en elke keer lag ek hardop.
En iets besonders het gebeur …
Hoe meer ek gelag het, hoe ligter het ek gevoel.
Al het niks aan my omstandighede verander nie.
En nou, deesdae — met twee klein lyfies wat elke middag op my groen couch kom sit — kyk ons Ninjago saam. En hulle laat my lag uit my maag uit.
Wanneer Violet, met haar effens hees stemmetjie, vir my sê:
“Ouma, that’s funny, right?”
dan gooi ek my kop terug en lag ek saam met haar hardop - diep uit my hart uit. Soos ‘n kinders.
Eerlik. Unfiltered. Vol lewe en liefde.
En in daardie oomblikke weet ek: ek is dankbaar - vir twee kindertjies wat sorg vir my daaglikse dosis lag.
Want miskien is dit waar:
We don’t laugh because we’re happy —
we are happy because we laugh.
En dalk, net dalk, is dit hoekom hierdie woorde my bly bybly:




Wow dit is nou mooi opgesom en waar. Ons lag partykeer te min, te besig met ander dinge. X