'n Tyd vir Liefde
"Miracles occur naturally as expressions of love. The real miracle is the love that inspires them.”
Liefde. Ons eerste liefde: ma en pa en boetie en sussie. Toe maatjies. En later soulmates. En nog later ‘n romantiese liefde. Tussen-deur ‘n handvol stukkende knieë en gebroke harte.
Ons ervaar later ons eie wonderwerke. ‘n Man wat vir jou lief is en boonop goed is vir jou. Jy is dankbaar, want jy weet van baie vroue wat daardie vreugde van ‘n goeie man nooit self ervaar nie. Toe kom julle klein wonderwerkies, en jou hart loop vir altyd buite jou lyf rond.
Jy word Moeder Teresa.
Tussen man en kind en kat en hond en huis, kerk en werk, deel jy soveel liefde uit, dat daar bitter min tyd oorbly vir jouself. Jy was so besig om soveel dinge te juggle, dat jy dit aanvanklik nie eers agtergekom het nie. Jy was maar net te bly om saans in die bed te kruip en te hoop vir ‘n goeie nagrus.
En toe jy meer tyd het, kom jy agter jy weet net eenvoudig nie meer hoe om vir jouself lief te wees nie.
En nie net dit nie - jy besef al jou drome, of baie van hulle, het ‘n vroeë dood gesterf. Jy het nie tyd gehad om dit na te jaag nie. En toe jy tyd het, kon jy nie meer onthou waaroor jy gedroom het nie.
Met die dag van liefde wat vir ons loer, kan ons vandag ‘n bietjie terugkyk met baie affection vir onsself en ons drome. En kan ons probeer om met begrip terug te kyk op ons lewe. Nie soos Lot se vrou wat nie wou vorentoe nie. Maar soos ‘n warrior woman wat met mag vorentoe wil beur, maar gewapen met ‘n droom - oud of nuut.
Dit is natuurlik nie maklik om ou drome uit ‘n graf te grawe nie. Jy het baie liefde en moed nodig. Jy moet braaf wees. Jy wil meer as net as in die hand hê.
Te veel van jou menswees lê begrawe onder as en puin. Daar is soveel lae van good intentions - jonk en naief genoeg om alles te glo wat almal jou vertel - gewillig om jouself op te offer vir soveel wat geen waardering daarvoor gehad het nie - ompaaie - te veel rejections - verkeerde besluite - bad timing - die lys gaan aan en aan.
Maar ons is nou mooi groot. Ouer en wyser. Ons dink anders. Ons voel anders. Ons doen anders.
Kan ons vandag vir mekaar belowe, “No more ‘would-be-if-I-could, of could-be-if-I-would, just be?
Ek het geleer - dreams need doing as much as they need being. Maar being kom altyd eerste. So, vir vandag, just be.
Wees saam met jouself in liefde.
Wees stil en roep daardie droom wat so lank terug begrawe is, soos ‘n Lazarus op!
Jy weet die kooltjies gloei nog in jou siel.
Just do it!
“THE DREAM WAS ALWAYS RUNNING AHEAD OF ONE. TO CATCH UP, TO LIVE FOR A MOMENT IN UNION WITH IT, THAT IS THE MIRACLE.” Anais Nin



