Son en ys.
“Embrace the warmth of fire, but beware the chill of ice.”
Die doom en gloom waarvoor ons ons se selwers gebrace het, het nie gekom nie - nie tot hier nie. Maar in die res van die land lyk dit nie so nie - I guess dit is die een voordeel van in Texas wees - daar is meer as 200 sunny days in ‘n jaar - I say, bring out the sun. Now!
Of dit Titanic!
Krag werk nog eenstryk deur. Water loop nogsteeds, en dit vat nie lank voor dit warm genoeg is om jou handjies te help ontdooi nie.
Ek het nog nooit soveel ys saam op een plek gesien nie. Met die dat ek in Pretoria gebore is, het ek vir agt jaar lank hael geken. Dit val en val en val, en dan is dit oor. Ons gaan uit en tel klein ballekies op om te eet. Maar ek onthou hoe my pa altyd op die plat dak moes klim om van die gewig van die ys ontslae te raak.
Ek onthou hoe dit in hoeke opgehoop het, want die hoek forseer dit om net daar te val - geen verdere toegang vir jou nie - this is it.
Sien ek hier het dieselfde gebeur voor my kind se kantoor. Daar het die ys regtig ‘n klein bergie gemaak, amper so groot soos die bak waarin hulle jasmyn en wisteria groei.
Hierdie ys-reën is anders as sneeu. Sneeu val sag en op alles. Dit val nie verder nie, want dit is sneeuvlokkie-lig. Maar die ys is swaarder, vind geen rusplek op bome en op tuingoed nie - reguit grond toe en maak daar dan ‘n ice rink of some sorts.
Die kinders se skole is vandag en more toe. My dokter se kantoor het laat weet, “Moenie siek word vandag of more nie. As jy ‘n afspraak gehad het, moenie kom nie, want ons is nie daar nie. We are trying to keep you and our staff safe.”
And rightly so, want ek het gesien die havoc op die paaie as gevolg van die ys. Groot trokke smash hulle-self in bakkies in.
Ek dink aan my slaappille - dit is oor drie dae op. Hoe de hel gaan ek by daai apteek uitkom as die son nie nou sy ding begin doen nie. Sonder die son kan ek nie hierdie ys vinnig sien smelt nie. Sneeu is anders - dit smelt relatief vinnig.
Anyway - ek is wragtag weer besig om siek te word. My keel het Vrydag begin krap, Saterdag begin seer word as ek sluk, Sondag so gewees dat ek nie lus was vir gesels nie, en oornag het ek snotterig geraak. What the hell? En die hoes het nog nooit regtig weggegaan na my eerste verkoue of flu hier nie. Hier doen almal die flu shot - ek het gedog, not ‘n donner - ek het nog nooit in my lewe ‘n flu shot gehad nie, why start now?
Ons sal maar sien wat gebeur.
Ek was hierdie hele naweek nie regtig kreatief nie, want dit was te blerrie koud - gelukkig het my kind vir my ‘n paar warmer sokkies as my dun enkel-sokkies gegee en toe gaan dit baie beter. Die vloer is koud, al is my aircon warmer gestel as wat hy ooit was vandat ek hier aangekom het.
En hierdie slag het ek geen begeerte gehad om kaalvoet in die ys te loop nie - no snow - no go!
Nou ja, ‘n nuwe week, maar solank as wat skole en winkels en dokters toe is, voel dit nie asof ek kan werk nie - wat nie regtig werk vir my is nie, want ek love dit om te skryf en te praat - maar you know what I’m saying, don’t you. Normaal is nie ‘n woord vir hierdie laaste paar dae nie.
Intussen het hierdie regering se untrained skollies met guns nog ‘n onskuldige Amerikaner doodgeskiet. Hy was besig om al hulle violence en abuse af te neem. Hy sien hoe hulle twee vrouens rondstamp, en een val daar by hom. Hy, ‘n ICU nurse, probeer haar help. Sit sy foon in sy sak sodat hy haar kan ophelp. Intussen word hy en sy en almal om hulle in die gesigte ge-pepper spray. Dit volgende oomblik word hy afgeruk, grond toe gedruk - vyf of ses van hierdie fokkers. Hy het ‘n lisensie om ‘n concealed wapen te dra, soos meeste Amerikaners doen. Hulle moer hom met alles tot hulle beskikking. Hulle sien sy gun waar hulle besig is om hom moer toe te slaan, pluk dit uit en jy sien hoe die een ou wegloop met Alex se gun. Die volgende oomblik word daar ten minste tien skote in hom gepomp en jy sien hom val, dood, na die eerste een.
Ek kan nie eers begin om vir julle te vertel hoe dit my laat voel nie. En natuurlik vertel die sirkus van ‘n regering hy is, net soos die vrou wat hulle in haar kar in haar gesig geskiet het, ook dood, terroriste. Ek weet nie waar dit gaan eindig nie. Al wat ek weet, is dat hierdie land se siel lankal verdwyn het. Ek vermoed toe hulle JFK om die lewe gebring het. En ja, wanneer ek praat van ‘hulle’ praat ek van mense wat nie gehou het van sy manier van dink en doen nie - Amerikaners in hoë posisies.
Genoeg van die doom en gloom wat elke dag my hart seer maak. Ek hoop julle het ‘n mooi week. Kannie glo ons is oppad na die einde van maand 1 nie.
“Some say the world will end in fire, some say in ice.”
No pun intended met ‘ending in ICE’ - maar as dit pas!



