Ek en oudste het gister weer ‘n uur-lange conversation gehad.
Soos die meeste ma’s het ek gewens ek het ’n towerstaffie gehad om net eenvoudig al haar sorge weg te toor. Sy het die week begin met ’n migraine wat haar vir twee dae soos ’n bootjie op ’n rowwe see laat dobber het. Teen dag drie het sy weer begin funksioneer — hard gefokus om die vorige twee dae se werk in te haal.
Hulle huis in George het toe mos finally ’n koper gekry, maar die storms en vloede het skade veroorsaak wat hulle nou, twee weke voor oordrag, moet fix.
Maar tussen al die chaos deur, was daar ook goeie nuus. Die kind van my vlieg in Junie Amsterdam en Hamburg toe vir presentations van die werk waarmee sy en haar span besig is. Daarna wag ’n fundraising event waar sy gaan praat, en dan ook nog ’n presentation in Nieu-Seeland.
En tog - tussen al die “adulting” en sukses en deadlines, het ons eintlik gepraat oor daardie moegheid wat baie ma’s ken — daardie gevoel dat jy vir almal pa-staan, terwyl niemand ma-staan vir jóú nie.
Maar sy was adamant: Sy mors nie meer haar energie nie.
Ek het haar vertel van een van my favourite quotes deur Erica Jong, “At fifty, the madwoman in the attic breaks loose, stomps down the stairs, and sets fire to the house. She won’t be imprisoned anymore.”
Ek het haar vertel hoe trots ek is dat sy finally besluit het sy is ook belangrik. Dat net sy, en sy alleen, ordentlik na haarself kan kyk.
En toe vertel ek haar van ’n besluit wat ek geneem het.
Iets soortgelyk aan ’n surprise, maar ook iets wat ek wou sê net in case life onverwags draai. Want mens leer maar met tyd: life is fragile.
My pa het my as jong ma geleer om soms na moeilike dinge te kyk en te wonder:
“Hoe sal ek dit hanteer as dit gebeur?” Om onverskrokke na die negatiewe te kyk en die positiewe daaruit te haal, wat dan die stres van dit wat kan gebeur, maar gewoonlik nooit gebeur nie.
Nie om bang te leef nie — net om nie heeltemal onkant gevang te word deur die lewe nie.
En dalk is dit hoekom ek begin dink het aan alles wat my ma en pa vir my gelos het.
Briewe.
Woorde.
Handskrif.
Ek het baie daarvan die laaste paar jaar verbrand of opgeskeur — eers in Ierland en later weer in Suid-Afrika — maar ’n paar het ek gehou. Want sommige dinge is net eenvoudig té kosbaar om weg te gooi.
So ek het besluit: Ek gaan elke week vir my kind ’n brief skryf en pos.
Nie perfekte briewe nie. Net egte briewe.
Ek gaan skryf oor wat daardie week my hart of gedagtes besig gehou het. Op daardie manier los ek iets van my menswees in swart en wit agter.
Daar is eintlik soveel maniere waarop ons stukkies liefde kan agterlaat:
💜 ’n Nota
Ek het ’n boks spesiaal vir oudste — vol klein goedjies wat sy eendag kan oopmaak wanneer ek nie meer daar is nie.
💜 ’n Voice note
Ons praat heeltyd op fone, maar ek stuur amper nooit voice notes nie. Ek dink ek gaan begin. Want eendag verlang mens nie net na iemand se woorde nie - jy verlang na hulle stem, en al kan ek nogsteeds Richie en my pa se stemme ‘hoor’ is dit nie dieselfde as om daarna te kan luister nie.
💜 ’n Resep
Ek het al my kosbaarste resepteboeke vir die meisiekinders gegee, maar daar is een vintage-looking boek waarin ek my favourite resepte gaan neerskryf en agterlaat. Dalk vir my seunskind, wat deesdae die kosmaker van die huis is.
💜 ’n Storie
By Dollar Tree het ek ’n three-pack boekies gekoop — lime groen, pienk en blou. Dit was nie die colours wat my gevang het nie, maar die woorde daarop:
✨ Dream big. 🌈 Chase rainbows. 💫 Be the magic.
Ek wil my ou scrapboeke vat, die pages uitsny en hulle stories weer laat leef in flip files en albums. Ek wil vertel van die items wat vir my kosbaar was — sommige staan nou in my kinders se huise. Ander moes ek laat gaan, teen my sin en wil.
Veral oudste is met haar hele hart haar ma se kind wanneer dit by stories en geskiedenis kom. Sy is mal oor die stories van die mense wat voor ons gekom en gegaan het. Veral die Anglo-Boereoorlog.
Op haar gewrig dra sy ’n tattoo: BEGROND.
’n Woord wat sy saamgedra het van ’n fliek wat sy in Sydney gesien het, lank voor George weer huis geword het.
Anyway, ek hoop jy besluit ook om jou stories te vertel. Die stories van jou ouers.
Hulle ouers. Die mense wat jou voorafgegaan het.
Maar die belangrikste storie van almal?
Jou eie. 💜



