Ek wonder vanoggend wie van julle het al so ‘n nag ‘rus’ gehad — wanneer jou ooglede toe is, maar dit voel asof jy met oop ogies slaap?
Ek het lanklaas so geslaap, maar laasnag was dit die hele nag se storie. Ek was in ‘n lekker slaap-patroon nadat ek daardie ou Apple Watch by my kind gekry het. Elke oggend vertel dit vir jou hoe goed of hoe sleg jou slaap was.
Dit het my laat uitfigure dat dit nie vir my goed is om vroeg bed toe te gaan nie. As ek te vroeg aan die slaap raak, is ek in die middel van die nag wakker. Ek gaan eerder later slaap as wat ek 3 of 4 uur in die oggend klaar geslaap is. Ek het besef dat ek op my beste nie meer as 6 uur slaap nie. Dit het my laat vrede maak met die “mense wat weet” se raad dat jy 8 ure se slaap nodig het.
Want wat gebeur as ek so vroeg klaar geslaap is, is dat ek regtig moeg is teen die middag wanneer ek na die kleingoed moet kyk. Of selfs as dit my beurt vir morning duty is.
Ek het iewers gelees dat jou liggaam lekker vet verbrand tussen 10 uur in die aand en 2 uur die volgende oggend. So, ek en Hetta besluit toe ons het nodig om alles te doen om hierdie lyf van ons te help vet verbrand! Jare se kortisool sit hier vas — never mind die menopausal tummy.
Gisteraand is ek gatvol gesoek vir iets decents om op die TV te kyk. Ek sit dit af teen tienuur, drink my slaappil en gaan klim in die bed. Lig is af, en ek speel woord-puzzle. Gewoonlik raak ek aan die slaap met my foon in die hand en my bril op my neus. Dan, wanneer ek moet to-de-loo, moet ek eers my bril afhaal en foon op my bedtafeltjie bêre.
Maar gisteraand, toe ek my ogies toemaak, toe weet ek: HKGK! My ooglede is toe, maar my ogies is wawyd oop. Dit was nie asof my mind nie wou af nie — iets anders was af, en ek het geen idee wat ‘n mens dit noem nie. Dit is nie eens sleep-less nie — dit is slaap-niks die hele nag lank! 🐌
Toe ek besluit, nadat ek besef het ek kan nie my ogies convince om te relax nie, om maar oor en op te gee, sien ek daar brand ‘n lig buite. Ek dog: “That’s it!! Dit is die bure se outside light!” En Hetta hyg ewe: “How inconsiderate!”
Sy wil opsluit kyk en tot ons verbasing sien ons die volmaan — ‘n kleine sirkel teen 2 vm, maar so helder asof iemand ‘n flitslig in my ogies skyn! Maar toe is dit te laat vir probeer. Ek kom sit en kyk TV vir 2 ure.
Teen 4 uur probeer ek weer (nadat ek een van daai pers pilletjies gedrink het wat my melatonin moet help) — geen verskil nie! En hoe weet ek dit was nie ‘n peaceful sleep nie? Want ek het met my boetie se vrou gesels, ek het daar oorgeslaap en ons het selfs gelag oor dit alles die maan se skuld is. Nou, julle wat weet, weet hoe onmoontlik dit is om enigsings even small talk te maak daar. En die heeltyd wat sy maak asof sy nie ‘n skynheilige feeks is nie, weet ek (en my dark side natuurlik) dat dit regte egte bullsh*t is.
So, vanoggend is ek stadig 🐌
Maar hoe het Confucius gesê? “Stadig is beter as stilstaan!” 🐌



