Daar is mos mense in hierdie wêreld van ons, met wie se siel jou siel net eenvoudig gel. Dit gebeur dikwels met my wanneer ek ‘n vreemdeling raakloop, net om binne sekondes te besef, “Ons ken mekaar al vir ‘n baie lang tyd!” Daar is daai instant connection and immediate recognition wat my menswees net eenvoudig nie kan beskryf of begryp nie. Niemand kan dit regtig verklaar of verduidelik nie.
Dan is daar bloed-familie. Nou ek weet nie van julle nie, maar nie alle familie-lede is altyd op dieselfde golflengte nie - they don’t see eye to eye about many things, so to speak. En dis okay.
Maar fok weet, wanneer iemand, met jou bloed, se siel en jou siel verknog is aan mekaar, well, dit is ongelooflik kosbaar, en spesiaal. Ek praat van my kleinseun, Xavier.
Ons twee se siele het mekaar herken, een sonnige dag, in ‘n swembad in Pinelands, waar hulle gebly het voordat hulle Australië huis gemaak het. Ek het hom in die lug gegooi en dan gevang voor hy die water tref, maar hom die water laat voel, kop en tone. Hy het homself gate uit geniet. Ek ook … en daar was hierdie een ongelooflike oomblik, toe ek en hy in mekaar se ogies kyk en lag, en hy nie ‘n peuter van 2 of 3 was nie, en ek nie ‘n vrou van 51 nie - geen rol van kleinseun of Ouma nie - ons was net twee siele wat mekaar herken het, en in daardie split-sekonde, onthou het dat ons, iewers aan die begin van tyd, dieselfde stukkie klei was.
Hy stuur gisteraand vir my ‘n boodskap. Hy is by die huis en besig om vir sy Wiskunde eksamen te leer en het gewonder of ek wil chat. Of course was dit een moerse,”Yay-Yes!!”
Hy is nou 16, ‘n jong ‘man’ aan die ander kant van die wêreld met sy eie lewe en drome. Ons het vir twee volle ure gesels, en dit het gevlieg soos swaelkies in die somer. Vir daardie twee ure het tyd, weereens, gaan stilstaan vir ons. Niks anders het saak gemaak nie.
Hy besef dit miskien nie, maar sy oproep het meer beteken as net ons twee ure se gesels met mekaar. Dit het nie my hele lewe of bestaan in een oomblik verander na maanskyn en rose nie, maar dit het vir my ‘n inspuiting gegee vir die lewe soos ek lanklaas ervaar het.
Daar is ‘n ou sê-ding dat ‘n swaelkie nie ‘n somer maak nie - dat een mooi oomblik nie ‘n hele seisoen waarborg nie. Maar soms is daardie een oomblik so diep ingebrand, in jou siel ge-ets, dat dit ‘n leeftyd lank hou.
“When you remember me, it means that you have carried something of who I am with you, that I have left some mark of who I am on who you are. It means that you can summon me back to your mind even though countless years and miles may stand between us. It means that if we meet again, you will know me. It means that even after I die, you can still see my face and hear my voice and speak to me in your heart.” (Leonard Nimoy)
Afstand, jare en oseane maak niks saak nie; daardie band staan steeds rotsvas.




Wow dit is nou special jy en Xavier, en so lekker lank gesels.