Met die dat die kinders op ‘n roadtrip gaan, het ek besluit om myself op ‘n roadtrip te sit, from the comfort of me own couch, sonder dat dit my ‘n sent of dollar sal kos.
Plus, ek kan die wêreld explore sonder om in lang toue te staan by ‘n lughawe, of duisende myle te ry op teerpaaie.
Ek kan die wêreld explore, discover & experience deur met nuwe ogies na ou landskappe te kyk. Ek kan my verbeelding gebruik om my na plekke toe te vat wat ek goed ken, omdat ek self al daar was, of omdat ek al vir jare daaroor droom. Ek het boeke wat my in sekondes kan transport na enige plek op aarde, en ek kan memories maak in my kop en hart sonder om drie voete te versit.
En as ek nie lus is vir my eie boeke nie, kan ek biblioteek toe gaan en myself verloor tussen die duisende keuses op die rak. Dit op sy eie is pure magic - ek kan my mind laat gaan en my verbeelding kan ‘n nuwe avonture opdis sonder dat die son of sweet.
Dink net, geen visas is nodig nie. Ek hoef nie my paspoort uit te haal nie. Geen worry oor niks nie. Ek kan enige land ingaan en verlaat en nobody is none the wiser.
Sit ek mos nou en wonder wat ek met myself kan doen as ek myself op ‘n vakansie kan sit.
Waarnatoe sal ek gaan? Hoe wil ek daar kom? Wat wil ek alles sien, doen en ervaar?
Well, ek wou mos nog die heeltyd Ysland toe gaan terwyl ek in Ierland was, maar Covid het my planne in die wiele gery en toe kom die Groot Trek my kant toe. Toe ek weer met my aardse besittings die waters oor is.
Dan is daar altyd Neiderland. Argentinië was ook nog altyd op my bucket list. En al was ek al in Italië, ek was nog nie in Tuscany nie. Vandat ek die movie, ‘Under a Tuscan sun’ gesien het in 2003, wou ek dit self ervaar.
Ek wou mos die Camino de Santiago stap, maar daardie droom moes ek ook laat gaan.
Met die dat ek Portugese bloed in my are het, sou ek nie omgee om Portugal se kos beter te leer ken nie. En Spanje staan my baie aan, want Don Quixote het ‘n sagte plek in my hart.
Ek sou verseker nie omgee om Mexico se kleure en geure self te beleef nie, maar ek is nie eers seker of ek ooit daar sal uitkom nie.
Wat armchair traveling die beste way of travel maak, in my boek.
Hierdie jaar wil ek een land ‘n maand vat en dit explore. Die land self, die mense, die taal, die musiek, die kos - die dinge wat almal gaan om te sien, maar veral die plekkies wat niks anders is as onontdekte juwele nie. Ek hoop jy arm-travel saam met my.
Maar vir my staycation wat more begin, was ek nie voorbereid nie. Het eers eergister daarvan gehoor - maar ek gaan ‘n paar planne aanmekaar timmer and you will be the first to know.
“Once you have traveled, the voyage never ends. The mind can never break off from the journey.” (Pat Conroy)




Dit klink baie goed, sal dit geniet om saam met jou te reis. Sien uit na ons eerste trip. 💕