Opsoek na ‘n quote wat mooi hierby pas, besef ek dat daar nie regtig ‘n Engelse woord vir hierdie woord is nie - ‘vergange’ - al wat Google my kan gee, is ‘days gone by’ - in my kop en hart net nie dieselfde nie.
Maar daar is Engelse woorde wat vir my mooi is en dit sort of vasvat:
Nostalgia - reminiscence - wistfulness (although hierdie woord dra die gewig van groot verlange)
Ek dink die naaste aan ‘vergange se dae’ sal wees ‘yesteryears’ - dit het ‘n nice ring to it.
Hoe ouer ons word, hoe kleiner raak ons sirkeltjies - vriende trek weg, baie gaan oorsee. Kinders laat ouers agter. Ouers sien nie hulle kleinkinders grootword nie. Vriende wat bly, verwissel onverwags die tydelike met die ewige, en ons bly alleen agter. En dit maak seer. Dit los groot gate in ons lewens, en sonder dat ons dit agterkom, raak die ‘heel-plekke’ al hoe kleiner.
En elke leë stoel of foon wat nie meer lui nie, herinner ons elke dag aan ons eie verganklikheid.
Verbeel ek my, of klink verganklikheid baie soos vergange se dae? Soos die woord ‘vergaan’ - (om verby te gaan, te verloop, te verdwyn of te ontbind). Vergange se dae verwys na ‘n tyd wat verby is, waar verganklikheid dui op die eienskap van dit wat kan vergaan.
Anyway, dit is sommer maar net ‘n side-line.
Is ek verkeerd as ek wonder of ons wat van ‘vergange se dae’ kan praat, beter af is as die siele wat nie ‘n idee het wat dit beteken nie?
Die kinders wat groot word en nie weet wat dit is om iewers heen te loop nie - soos na die Reisende Biblioteek soos ek elke Vrydag nie?
Kinders wat nie weet wat dit is om van ‘n tiekieboks af te bel nie? Of geen idee het hoe cozy ‘n bioskoop is met sy sagte rooi stoele en kiosk en kaartjiekantoor nie.
Kinders wat besig is om te verleer hoe om te speel, of hoe om te gesels oor alles en nog wat, want die TV en foon het hulle konstante geselsmaats geraak.
Kinders wat geen idee het hoe enigiets sal werk as jy nie ‘n remote in jou hand het nie?
Of die opwinding van die deuntjie hoor van die roomystrokkie, of in my geval, die klokkie wat die fiets wat aangery kom met ‘n groot boks vol roomys, en jy kan nie besluit watter een jy vandag wil hê nie, of as jy soos ek is, vat jy altyd dieselfde een.
Ek weet vir ‘n feit dat bitter min families deesdae groot word met groot family gatherings. Ek onthou my kleintyd dae so goed, wanneer die hele fandamilie bymekaar gekom het.
My ma is in Pretoria gebore in 1928 en die meeste van haar 11 siblings het in die omtes gebly. Elke Sondag was die wat kon, met kind en kraai by ons huis.
My pa, self een van 12 kinders, is in 1922 gebore, maar sy mense was wyd verspreid. Daardie tyd het dit mos gevoel asof hulle in ‘n ander wêreld bly wanneer hulle na een van die 3 provinsies toe getrek het - onthou jy nog vir die Kaap, die Vrystaat, Natal en die Transvaal?
Ek is dankbaar vir die lewe, met sy draaie en ompaaie, wat my hier uitgebring het, although ek nog sukkel om mening te vind in die lewe hier. Maar ek is nog meer dankbaar vir die mense wat ek steeds in my lewe het, al bly ons in verskillende halfrondes, en al is daar baie water (en time zones) tussen ons.
Dankie. Merci. Mahalo.




Ek stem met jou so baie wat ons kan vertel van vergange se dae.
En dit wat die nuwe generasie nooit sal wardeer al het hulle dit nou nie. Xx