Vlam & Vonk
Keep a little fire burning, however small, however hidden.
Ek dink so baie aan elkeen van julle, al is ons duisende myle uitmekaar en op verskillende kontinente. Al het ons mekaar nog nooit in lewende lywe ontmoet nie. Ek het darem vir Cleo ontmoet voordat ek my geboorteland finaal gegroet het.
Ek, wat nog altyd baie kennisse, en meer as handevol goeie vrinne gehad het, en bitter-baie gelukkig was om nie net ee…


