Wat maak regtig saak?
“Be who you are and say what you feel, because those who mind don’t matter and those who matter don’t mind.”
Is jy oud genoeg om te weet dat alles tydelik is, en dat hartseer en pyn eventually weer plek maak vir geluk en lag? En dat jy weer braaf genoeg kan wees om drome te droom? En miskien selfs weer unafraid genoeg kan wees om jouself en jou hart weer oop te maak vir liefde?
Is jou hart nog jonk genoeg, ten spyte van al die koue winters wat jy al beleef het, om nog, of wéér, te kan droom? Is daar nog genoeg wild in jou bloed om daardie droom na te jaag, al is dit teen ‘n stadiger pas as waaraan jy eens gewoond was?
Never mind wat die sterre voorspel, om nie eers te praat van planete in lyn met die maan nie - wat saak maak is dit: is jou kop en hart in lyn met mekaar?
Wat wel saak maak, is of jy met pyn kan sit, met die misery, die mystery? With the pain that being alive brings? Maak nie saak of dit myne of joune is nie - wat maak jy daarmee - steek jy dit weg, hoop jy dit vervaag met die tyd saam, of probeer jy dit fix?
Maak dit saak wat jy doen om aan die lewe te bly? Of hoeveel jy verdien? Hoe belangrik is dit om te weet hoeveel somers jy al agter die rug het? Die belangrikste vraag is of jy jouself kan wees, ten alle tye, met alle mense?
Dit maak saak of jy nog onder die maan kan staan, met ‘n hart vol “Ja! Ek wil steeds en altyd voluit lewe!”
Wat jy met jou vreugdes maak, dit maak saak. Of dit my vreugde of joune is, kan jy dans en nie ‘n fok omgee wie jou sien nie? Kan jy die ekstase voel, van jou vingers tot jou toonkies, sonder om te onthou wat jy geleer is - wees versigtig - wees realisties - onthou jou limitations?
Dit is belangrik om seker te maak dat jy nog die mooi om jou, in jou, en in ander kan raaksien. Al is dit ‘n k*k-lelike dag, kan jy onthou dat jou lewe soveel meer werd is?
Wat die meeste saak maak, van alles, na alles, is wie jy is wanneer alles en almal anderpad kyk. Wat hou jou staande as daar geen niks en niemand om jou is om jou regop te hou nie?
En wanneer jy alleen met jouself is, hou jy van die geselskap waarin jy jouself bevind? Is jou lewe nog vir jou die moeite werd in daardie very empty moments?
Ek vermoed ek is besig om weer my siel se voete te vind. Want ek kan vir jou ‘n storie vertel oor elke paragraaf hier bo - I’ve been there, done that, didn’t buy the T-shirt, want ek weet een ding verseker - I don’t like wearing them t-shirts!!!
Stadig maar seker, is my ‘nuwe-ou’ self besig om vorm aan te neem. Dit is wat detectives en prokureurs sal noem ‘the discovery period’ - wanneer alles wat jy weet belangrik en waar is een word met alles wat jy weet nie belangrik of onwaar is nie - wanneer net die waarheid behoue bly.
Life is a journey, never a destination - my siel en voete is goed oppad na beter dae in hierdie vreemde land - I can feel it in me bones!
“Time has a wonderful way of showing us what really matters.”


