Die trip Fredericksburg toe het my lewe hier in Amerika handomkeer verander. My siel het begin onthou - dinge wat ek, sadly but truly, êrens tussen die laaste paar jaar in Suid-Afrika en my eerste jaar hier in die VSA - vergeet het.
Ek was ’n vreemdeling in die dorp. Ek het niemand geken nie. Die paar mense wat ek wel ontmoet het, het anders gedink, ande…



