Gedurende my jare as radio-omroeper was ek baie lief om die Gospel groep, Prophet, se musiek te speel. Hulle was rebels. Hulle ogies was oop vir die voorbankers en skynheilige Fariseërs. Hulle was nie bang om enige heilige koei aan te vat nie.
Elke Woensdag-middag het ek my uur-lange program, Afternoon Music, begin met ‘n classic, I Feel Good, begin. En geëindig met Prophet se Moenie Worry Gospel song. Ek koester nogsteeds my 5 jare agter die mikrofoon.
Maar vandag dink ek aan Oscar Wilde wat in die tronk gestop is omdat hy gay was, en daar die volgende geskryf het:
“Most people are other people. Their thoughts are someone else’s opinions, their lives a mimicry, their passions a quotation.”
Hierdie woorde uit 1897 uit is vandag nogsteeds so waar. Die meeste mense waaroor ons worry wanneer ons vra, “Wat sal die mense sê?” is ‘ander’ mense. Nooit iemand wat vir ons omgee of vir wie ons lief is nie - want dit is nie liefde wanneer dit aan voorwaardes gekoppel word nie.
Daar was nog altyd, en daar sal altyd mense wees wat nie vir hulleself kan dink nie. Hulle herhaal maar net wat ander sê, en dit was nog voor die internet en smart founs. Imagine net hoe erg is dit vandag? Almal se ogies altyd glued to them phones.
Dit is te veel moeite, of te veel werk om hulle eie paadjie uit te kap en te loop. ‘Trailblazer’ het nie plek in hulle woordeskat nie. So, wat doen hulle? Hulle lewe die lewens van ander. Hulle word copy-cats van wat, en hoe hulle dink ‘n mens moet leef.
Selfs gevoelens, gewaarwordings, consciousness, passies, liefde vir iets, is iets wat hulle afgekyk het - deel van hulle lewe se cheat-sheet.
Ek weet nie van jou nie, maar ek weier om so te leef. Ek is nie bang om foute te maak nie, want ek het vroeg al in my lewe geleer, dit is die enigste manier om te leef - en elke fout maak van ons ‘n beter mens.
Ek weier ook om iemand anders se droom na te jaag, of hulle passies te ‘fake till I make’ it. Ek soek my eie drome. My eie passies. En ek glo vas nie een van ons ooit te oud is om dit te vind nie. Selfs nou, in die laaste kwart eeu van ons lewe hier op aarde.
Ek voel vandag die tyd is ryp vir nuwe idees. Vir ‘n nuwe manier van dink en doen. En as iets nie werk nie, gaan dit nie verander tensy ek iets aan my daaglikse dink en doen verander nie.
Wie is reg saam met my?




Ek stem saam met jou daar is so baie mense wat hulle lewe leef op ander se doen en late. Lekker dag vir jou my maaikie. X