Hierdie quote laat my verstaan hoekom ek, way back in 2016, so graag ‘n glasie wyn langs my laptop gehad het wanneer ek geskryf het. Dit is doerie tyd wat ek begin skryf het op die 28 dae groep, en dit is waar die meeste van my fans en followers gebore is. Daar was natuurlik die paar ‘fat, but not happy’ anties wat protes aangeteken het, en op die ou end het ek my eie groep begin en ek jok nie as ek sê, “Ons het ‘vet pret’ gehad nie 🤣
Nou, tien jaar later, staan ‘n driekwart bottel wyn in my yskas al van Mei maand af - want wyn is nie meer vir my lekker nie. Miskien is dit net Amerikaanse wyn, me knows not - maar ek mis ordentlike Suid-Afrikaanse spys en drank 💯
Vandag though, het ek wyn gekoop, want ek het ‘n paar dinge besef vanoggend.
Ek sê vir Petro vanoggend, “Jy weet, ek besef oor die laaste twee dae dat die laaste 2 jaar van my lewe my verander het. Ek is baie stadiger om weer raak te vat waar ek laas my grip verloor het, of om weer die engin te vind nadat ek vir te lank net doelloos op die water rondgedobber het 😑 In my kop hou die dink en idees nooit op nie, maar my hart en my lyf is dik toe ge-ys - verys 🧊🧊 En dit vereis (no pun intended) 🤣 baie harder werk as wat ek gedog het of gehoop het.”
Ek het ‘n swembad wat my naam roep, maar daar is ‘invisible border’ tussen my kom en gaan seintoe.
Ek onthou die dag toe ek in hierdie land aangekom het. Die laaitie by Customs vra vir my, “What is the purpose of your visit?” en ek antwoord, “Well, I am here to stay!” En gee vir hom al my twee-jaar-lank-gewag-in-geduld/ongeduld-en-frustrasie se papiere. En hy wat na ‘n paar minute sê, “Welcome to the United States of America, Mam!”
Daai was ‘n moerse border crossing. Maar hier het ek menige ‘emotional’ border crossings ontdek en dit nie altyd goed ervaar nie, en ek het nie altyd goed gevaar, nie.
Ek het besef, en glo my, ek oordryf nie, maar ek het besef dat ons Suid-Afrikaners net eenvoudig the most amazing people is. Ek glo daar is baie ander lande wie se mense ‘most amazing’ is, maar ek het nou al in drie lande gebly, en ek kan in hoofletters sê, “Ons land se mense is fokken amazing!" We are, for sure, a Rainbow Nation - en min ander lande kan kers vashou.”
Maar terug na wyn (vir die P(a)yn(e) en die waarheid wat sy so nodig het.
Op 67 is ek besig, op die derde dag van geen verantwoordelikhede nie, om baie meer van myself te leer - en hoe het my paps altyd gesê?
Niemand is ooit te oud om te leer nie!



